dcsimg

Natalse spikkelrug ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Natalse spikkelrug (Pseudochromis natalensis) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf die noorde van Mosambiek tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as die Natal dottyback.

Identifikasie

Hierdie vis word slegs 9 cm lank. Sy lyf is olyf-kleurig met 'n klein blou kolletjie op elke skub. Die vis leef in koraal- en rotsriwwe wat 10 tot 30m diep is.

Hulle word gewoonlik gesien op of langs die riwwe en verkies om in rommel en grasagtige gebiede te leef. Die vis is 'n alleenloper maar kom soms ook in pare voor. Hulle gaan nooit ver weg van hulle skuilings nie. Hulle vreet klein ongewerweldes en soöplankton.

Sien ook

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Eksterne skakel

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Natalse spikkelrug: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Natalse spikkelrug (Pseudochromis natalensis) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf die noorde van Mosambiek tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan dit bekend as die Natal dottyback.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF