Die Papierbasdoring (Acacia sieberiana[2][3]) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het.
Die Papierbasdoring (Acacia sieberiana) is 'n boom wat inheems aan Suid-Afrika is en aangetref word in die bosveld van KwaZulu-Natal en noord van die Vaalrivier in Suid-Afrika. Die bas is gryserig of gelerig bruin en is dikwels kurkagtig of skilfer af. Die reguit dorings word tot 9 cm lank. Die blomme word in klein donserige wit hofies gedra. Die peule is dik, houtagtig en ongeveer 15 cm lank. Die peule gaan eers oop nadat dit van die boom afgeval het.