dcsimg

Visvalk ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Visvalk (Pandion haliaetus) is 'n roofvoël wat aan die suid-, oos en noordkus van Suid-Afrika voorkom. Dit is die enigste spesie in die familie van visvalke (Pandionidae). Die voël staan in Nederlands as die visarend bekend, maar moet nie met die Afrikaanse visarend verwar word nie.

Voorkoms

Die voël se kuif is effens wit met 'n donkerbruin masker deur die oë. Die vlerke is donker met wit onderkante.

Habitat en gewoontes

Die Visvalk verkies baaie aan die kus en riviermondings. Hulle kom ook in binnelandse waters voor. Hulle broei in Europa en is 'n somerbesoeker aan Suid-Afrika. Hulle is alleenlopend en jag vis uit die lug deur onder die water in te duik om die vis met hul kloue te vang. Dit is bekend dat hul prooi deur visarende gesteel word.

Sien ook

Verwysings

  1. BirdLife International (2008). "Pandion haliaetus". 2008 IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Besoek op 24 Februarie 2009.

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Visvalk: Brief Summary ( Afrikaans )