Fluitjiesriet (Phragmites australis) is 'n plant wat aan die hele kuslyn en ook in die binneland van Suid-Afrika voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in alle provinsies voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2]
Dit groei in riviermondings, soutmoerasse en moerasland. Die plant is houtagtig met 'n holstam en het lang, plat blare soos lanse. Die blomme is gerangskik in taankleurige are met klossies syagtige hare. Die blomme kom voor tussen Desember en Junie. Die plant versprei deur ondergrondse stingels; die polle kan ook verdeel word.
Die spesie kom wydverspreid oor die wêreld voor, behalwe byvoorbeeld in die Amasonebekken. In Noord-Amerika kom oorspronklik die subspesie Ph.a. americanus voor wat net as enkele plant tussen ander plante groei. Die Europese subspesie Ph.a. australis wat ook aan Suid-Afrika inheems is, is daar in die vroeë 1800s ingevoer. Dit vorm geslote rietvelde, domineer die hele gebied en verdring inheemse plante. Hierdie subspesie word daarom as indringerplant bestry.[3]
Die plant is meerjarig en kan 3,6 m hoog word en dit groei vinnig. Die blomme is tweeslagtig en word deur die wind bestuif. Die plant is eetbaar vir mense. Die wortelstokke kan soos aartappel gekook word, maar hulle is soet en kan tot 5% suiker bevat. Die jong skeute is die lekkerste. In Rusland word fluitjiesriet geoes en tot setmeel verwerk.[4]
Fluitjiesriet (Phragmites australis) is 'n plant wat aan die hele kuslyn en ook in die binneland van Suid-Afrika voorkom. Dit is inheems aan Suid-Afrika en kom in alle provinsies voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.
Dit groei in riviermondings, soutmoerasse en moerasland. Die plant is houtagtig met 'n holstam en het lang, plat blare soos lanse. Die blomme is gerangskik in taankleurige are met klossies syagtige hare. Die blomme kom voor tussen Desember en Junie. Die plant versprei deur ondergrondse stingels; die polle kan ook verdeel word.
Die spesie kom wydverspreid oor die wêreld voor, behalwe byvoorbeeld in die Amasonebekken. In Noord-Amerika kom oorspronklik die subspesie Ph.a. americanus voor wat net as enkele plant tussen ander plante groei. Die Europese subspesie Ph.a. australis wat ook aan Suid-Afrika inheems is, is daar in die vroeë 1800s ingevoer. Dit vorm geslote rietvelde, domineer die hele gebied en verdring inheemse plante. Hierdie subspesie word daarom as indringerplant bestry.
Die plant is meerjarig en kan 3,6 m hoog word en dit groei vinnig. Die blomme is tweeslagtig en word deur die wind bestuif. Die plant is eetbaar vir mense. Die wortelstokke kan soos aartappel gekook word, maar hulle is soet en kan tot 5% suiker bevat. Die jong skeute is die lekkerste. In Rusland word fluitjiesriet geoes en tot setmeel verwerk.