Crassulaceae, die vetkruidfamilie,[2] of die plakkieplantfamilie.[3] is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 34 genera in.[4]
Geen lede van die familie is belangrike landbougewasse nie, maar baie is gewilde tuinbouplante; hulle het dikwels ’n vreemde, bekoorlike voorkoms en is taamlik gehard. Bekende spesies sluit in die kerkeibos (Crassula ovata) en Kalanchoe blossfeldiana.
Crassulaceae is ’n monofiletiese groep binne die eudikotiele as lid van die orde Saxifragales.[5] Sommige ouer klassifikasiestelsels plaas Crassulaceae in Rosales. Klassifikasie binne die familie is moeilik omdat baie van die spesies maklik verbaster – in die natuur en in tuinbou.
Crassulaceae, die vetkruidfamilie, of die plakkieplantfamilie. is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 34 genera in.