dcsimg

Vaalhaai ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vaalhaai (Galeorhinus galeus) is 'n haai wat aan die weskus van Suid-Afrika en ook aan die suidkus tot by Port Elizabeth voorkom omrede dit koeler waters verkies. Dit staan ook bekend as die sopvinhaai en in Engels as die soupfin shark.

Voorkoms

Die haai het 'n lang, grys liggaam met 'n skerp, gepunte snoet. Die pens is wit of roomkleurig. Die eerste dorsale vin is aansienlik groter as die tweede en die boonste gedeelte van die stert is groter as die onderste gedeelte. Die haaie weeg gemiddeld van 5 tot 15 kg en kan tot 30 kg swaar word.

Habitat en gewoontes

Vaalhaaie kom voor in skole en is hoofsaaklik bodemvreters; hulle verkies klein vissies, seekat en tjokka. Hulle word hoofsaaklik gevang vanaf bote.

Die vaalhaai is tydens die Tweede Wêreldoorlog veral gejag vir sy lewer, wat 'n groot bron van vitamien A is; veral by Gansbaai waar 'n verwerkingsfabriek gebou was. Deesdae word die haai gejag vir sy vinne en vleis en word dit deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Wiki letter w.svg Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Vaalhaai: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die vaalhaai (Galeorhinus galeus) is 'n haai wat aan die weskus van Suid-Afrika en ook aan die suidkus tot by Port Elizabeth voorkom omrede dit koeler waters verkies. Dit staan ook bekend as die sopvinhaai en in Engels as die soupfin shark.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF