dcsimg

Bloukurper ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivinkurper en in Engels as die Mozambique tilapia.

Voorkoms

Die bloukurper is donker olyfgroen van kleur met rooi rante aan die stert en dorsale vin. Die onvolwasse visse het ses vertikale strepe oor die lyf. Bloukurpers word 40 cm lank en 3,2 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3,265 kg, die Zimbabwe rekord is 2,181 kg en die Malawi rekord is 0,64 kg.

Habitat

Bloukurpers leef in staande of stadigvloeiende riviere. Hulle kan 'n groot verskil in temperatuur oorleef. In die kouer dele van ons land gaan bloukurpers in ‘n soort winterslaap, en selfs ook in die warmer streke soos die Hartbeespoortdam, maar navorsing het getoon dat bloukurpers in water van ongeveer 10 °C (50 °F) begin doodgaan, veral as die water vinnig afkoel. Hulle begin eers lekker byt (veral aan kunsaas) as die watertemperatuur gereeld hoër as 21 °C (70 °F) is. Bloukurpers is nie sensitief vir soutgehalte nie. Hulle word daarom ook in riviermondings en selfs die see gevind. Bloukurpers vreet krappe, insekte, fyn alge en erdwurms.

Voortbestaan

Die wyfie dra die eiers in haar mond totdat hulle uitbroei.

Bloukurpers in Suid-Afrika

Òf 'n mens die eenvoudigste manier van hengel – ‘n bos erdwurms onder ‘n rooi-en-wit dobber – òf meer gevorderde kunsaastegnieke toepas, bly kurperhengel ‘n genot.

Alhoewel bloukurpers al vanaf September gevang word is Februarie tot April in die warmer, noordelike en oostelike dele van die land primakurpertyd. Bloukurpers van een kilogram en swaarder is veral die teiken in talle riviere en damme in Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Omrede die bloukurper so ‘n uithaler-sportvis op ligtegerei is, en ook omdat hy ‘n voortreflike tafelvis is, is hy lankal onwettig verplaas na ander dele van die land waar die winters nie te koud is nie. So byvoorbeeld is daar ‘n lewenskragtige bevolking bloukurpers in Zeekoeivlei op die Kaapse Skiereiland, asook in verskeie plaasdamme in die wynland.

Omdat die bloukurper in soutwater aanpasbaar is, word hy ook deur verbaasde hengelaars in verskeie getyriviere en -mondings soos byvoorbeeld die St. Luciameer teëgekom waar hengelaars eintlik vir knorders hengel.[1]

Sien ook

Eksterne skakel

Bronne

Verwysings

  1. Tips 'n Tricks vir Kurper, besoek op 29 Mei 2013
license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF

Bloukurper: Brief Summary ( Afrikaans )

provided by wikipedia AF

Die Bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivinkurper en in Engels as die Mozambique tilapia.

license
cc-by-sa-3.0
copyright
Wikipedia skrywers en redakteurs
original
visit source
partner site
wikipedia AF