Die Kraakbeenvisse (Chondrichthyes) is 'n superklas visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan onder andere: haaie, rôe, saagvisse, sandkruipers en pylsterte. Kraakbeenvisse het nie 'n swemblaas of operkulums (kieu-deksels) nie.
Visse waarvan die skelet uit been bestaan ressorteer onder die superklas Osteichthyes.
Chondrichthyes het twee klasse: Elasmobranchii en Holocephali.
Die volgende ordes is deel van die superklas en kom in Suider-Afrika voor:
Nommer Orde Beskrywing Klas Superklas 1 Carcharhiniformes Grondhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse 2 Chimaeriformes Chimaeras Holocephali Kraakbeenvisse 3 Hexanchiformes Koei en Frilletjieshaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse 4 Lamniformes Haringhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse 5 Myliobatiformes Pylstertagtiges Elasmobranchii Kraakbeenvisse 6 Orectolobiformes Tapythaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse 7 Pristiformes Saagvisse Elasmobranchii Kraakbeenvisse 8 Rajiformes Sandkruipers en Rôe Elasmobranchii Kraakbeenvisse 9 Squaliformes Hondhaaie Elasmobranchii Kraakbeenvisse 10 Torpediniformes Drilvisse Elasmobranchii KraakbeenvisseDie Kraakbeenvisse (Chondrichthyes) is 'n superklas visse wat aan die filum van die Gewerweldes behoort. Die superklas maak voorsiening vir alle tipe visse waarvan die skelet uit kraakbeen bestaan onder andere: haaie, rôe, saagvisse, sandkruipers en pylsterte. Kraakbeenvisse het nie 'n swemblaas of operkulums (kieu-deksels) nie.
Visse waarvan die skelet uit been bestaan ressorteer onder die superklas Osteichthyes.
Chondrichthyes het twee klasse: Elasmobranchii en Holocephali.