Die rooihoedamaniet of vlieëgifswam (Amanita muscaria (L.: Fr.) Lamark) is 'n swam wat algemeen in Suid-Afrika voorkom.[1] Die spesies is endemies in Noord-Amerika, Europa en Asië, maar is dalk saam met die dennebome in Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland ingevoer.[2]
Die swam se paddastoel is eenvoudig om te herken. Dit het 'n rooi mus, gewoonlik met wit vratte, 'n wit steel, sluier en kiewe en soms 'n wit volva wat in stukkies opbreek. Die mus is gewoonlik 12 cm in deursnee, maar dit kan tot 30 cm word. Ouer paddastoele word ligter van kleur tot oranje of gelerig.[2] Hierdie paddastoel is giftig en kan hallusinasies veroorsaak. Hierdie psigoaktiewe eienskappe is in verskeie kulture in religieuse rituele gebruik. Albertus Magnus het dit reeds in sy boek De Vegetabilibus in 1256 beskryf.[3]
'n Ou aanwending van hierdie paddastoel in Europa is om stukkies daarvan -vars of gedroogd- in melk te dompel en daarmee vlieë te dood.[2]
Die rooihoedamaniet of vlieëgifswam (Amanita muscaria (L.: Fr.) Lamark) is 'n swam wat algemeen in Suid-Afrika voorkom. Die spesies is endemies in Noord-Amerika, Europa en Asië, maar is dalk saam met die dennebome in Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland ingevoer.
Die swam se paddastoel is eenvoudig om te herken. Dit het 'n rooi mus, gewoonlik met wit vratte, 'n wit steel, sluier en kiewe en soms 'n wit volva wat in stukkies opbreek. Die mus is gewoonlik 12 cm in deursnee, maar dit kan tot 30 cm word. Ouer paddastoele word ligter van kleur tot oranje of gelerig. Hierdie paddastoel is giftig en kan hallusinasies veroorsaak. Hierdie psigoaktiewe eienskappe is in verskeie kulture in religieuse rituele gebruik. Albertus Magnus het dit reeds in sy boek De Vegetabilibus in 1256 beskryf.
'n Ou aanwending van hierdie paddastoel in Europa is om stukkies daarvan -vars of gedroogd- in melk te dompel en daarmee vlieë te dood.